Konst.
Ricardo van Schalkwyk en sers. Tania Pretorius van die Parow-polisie het
vanoggend (8 Maart) om  06:00 ‘n verdagte met ‘n trollie vol goed ter
waarde van R30 000 op die hoek van De la Rey- en Joubertstraat
gearresteer.

Die polisiebeamptes was op hul vroeoggend-patrollie toe hulle die
man met twee leersakke gestop het. Die verdagte is gevra waar hy aan die
eiendom kom en hy kon nie bewys dat dit syne is  nie.

In die
trollie was elektriese toebehore soos ‘n espresso-masjien, mikrogolfoond,
kragopwekker en kompressor.

“Toe hy
nie kon verduidelik waar hy aan die eiendom kom of bewys lewer dat dit syne is
nie, is hy gearresteer op ‘n klag van besit van gesteelde goedere. Hy is na die
polisiekantoor geneem,” het kapt. Kevin Williams, woordvoerder van die
Parow-poliie gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.