Protea-tehuis in Goodwood hou weer veiling

Na aanleiding van die reusesukses van Protea-tehuis se aanlyn veiling van 2022 het dié instansie besluit om weer eens ’n aanlyn veiling te hou as deel van hul fondsinsamelingsprojekte vanjaar.

Protea Tehuis.

Credit: SYSTEM

Na aanleiding van die reusesukses van Protea-tehuis se aanlyn veiling van 2022 het dié instansie besluit om weer eens ’n aanlyn veiling te hou as deel van hul fondsinsamelingsprojekte vanjaar.

Protea Tehuis.

Protea Tehuis.

Alle geld word aangewend ten bate van die inwoners van Protea-tehuis. “Ons het verlede jaar R30 000 ingesamel en 65 mense het deelgeneem,” sê Anne-Marie Jordaan, organiseerder van die veiling.

Die veiling word gratis deur Casper en Christa Rossouw van Bidderschoice behartig.

Die veiling open op Vrydag 24 November om 08:00 en belangstellendes kan tot 29 November om 11:00 op hul gunsteling-items bie. “Geen deposito word vereis nie, maar wel registrasie,” sê Jordaan.

Hierdie outydse Blessing 31-dag-muurhorlosie met pendulum is een van die items waarop gebie kan word in Protea-tehuis se aanlyn veiling.

Om te verseker dat almal betyds geregistreer is, stel die bestuur voor dat registrasie so gou moontlik aanlyn gedoen word.

Op Woensdag 29 November om 10:00 gaan die tehuis se bestuur die webtuiste by Protea-tehuis fisies opstel en almal is welkom om daar op die items te kom bie, waar Casper en Christa dit sal behartig.

Volgens Jordaan is hulle verskriklik dankbaar teenoor almal wat die pragtige en waardevolle items geskenk het.

Hierdie outydse riempie-stoele word ook opgeveil.

Items sluit onder meer in ’n geraamde prent van die 1995 Rugby-wêreldbekereindstryd, “The winning DROP”; ’n GTi- professionele VW-baadjie geskenk deur Barons VW te N1 Stad; ’n outydse Blessing 31-dag-muurhorlosie met pendulum; ’n 18 kg-lam geskenk deur WC Caterers; ’n handgemaakte houtboot; ’n Lowrey-orrel, asook verskeie antieke en moderne meubels en toebehore.

Items kan aanlyn besigtig word by www.bidderschoice.co.za en by Protea-tehuis te Alicestraat 127 in Goodwood op 24 November tussen 09:00 en 14:00, en op 25 November tussen 09:00 en 13:00.

You need to be Logged In to leave a comment.