Reagan Allen

Richard Roberts

Die Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid en polisie-oorsig, Reagan Allen, het in ‘n verklaring bevestig dat een van sy beskermers homself geskiet het.

Die voorval het hy die Verenigende Gereformeerde-kerk in Elsiesrivier plaasgevind.

Allen was by die kerk om die begrafnisdiens by te woon van Alessandro Heyns, ‘n wetstoepassingsbeampte wat onlangs in Elsies Rivier vermoor is. “Ek is geskok en hartseer oor wat gebeur het. Ek wens die beampte ‘n spoedige herstel toe en hoop ons sal gou uitvind hoekom dit gebeur het,” sê Allen.

Dit is in hierdie stadium nie bekend in watter toestand die beampte is nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article