Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings in Bellville vra die bystand van die publiek om die 14-jarige Bianca Ofon op te spoor.

Bianca het haar woning in Parowvallei op Woensdag 27 Desember 2023 verlaat en nooit weer teruggekeer nie, sê die polisie.

“Daar word beweer dat sy haar huis verlaat het sonder om vir enigiemand te sê,” sê Anelisiwe Manyana, ’n polisiewoordvoerder.

Ten tye van haar verdwyning was sy geklee in ’n wit trui en ’n swart kopband. Sy is 1,6 m lank en weeg 50 kg. Bianca is vlot in Engels, sowel as in Afrikaans.

Kan jy help?

Enigiemand wat kan help met inligting wat sal lei tot haar veilige terugkeer, kan die ondersoekbeampte, speurkonst. Lorenzo Jeftha, by 021 590 1001, 021 590 1019 of 082 522 1095 skakel.

Skakel ook die polisie se Stop Misdaad-nommer by 08600 10111.

You need to be Logged In to leave a comment.