Die polisie se teen-ekonomiese- en afpersingstaakspan het vroeg Dinsdag (29 Oktober) beslag gelê op dwelms van R1 miljoen in Parow.
Volgens die Wes-Kaapse polisie is ´n 42-jarige verdagte ook in verband met die dwelms in hegtenis geneem.
Die persoon sal binnekort in die Parow-landdroshof verskyn, sê AO Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder.Volgens Swartbooi het die polisie inligting ontvang oor ´n moontlike verspreidingspunt vir dwelms in die Parow-gebied.
Hy sê ´n multi-disiplinêre span het vroeg Dinsdagoggend op die intellegensie-gedrewe inligting gereageer en ´n huis besoek wat deursoek is en daar op ´n besending dwelms, met ´n straatwaarde van R1 miljoen, afgekom. Die verdagte sal van dwelmhandel aangekla word, sê die polisie.