Die vuurwapen wat in besit van ’n 18-jarige man in Kalkfontein gevind is.


’n Jong gewapende man is Vrydagaand (15 November) in Kalkfontein aangekeer.

AO Liesel Beukes, plaaslike polisiewoordvoerder, sê polisiebeamptes van die Kuilsrivier-polisie se teen-misdaadeenheid was na 21:00 saam met wetstoepassingsbeamptes besig met ’n stop-en-soek-patrollie in Kalkfontein.

“Een van die polisiebeamptes het opgelet hoe drie mans wat in Elizabethstraat gestaan het in verskillende rigtings begin hardloop het toe hulle die polisievoertuie gesien het.”

Beukes sê die polisie het die mans agternagesit en kon daarin slaag om ’n 18-jarige man aan te keer wat ’n onwettige vuurwapen en ammunisie by hom gehad het. “Die 18-jarige is in hegtenis geneem en is by die Kuilsrivier-polisieselle aangehou. Hy het Maandag in die Bluedowns-landdroshof verskyn.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article