Polisie in Ravenmead vra respek van gemeenskap

Die polisie in Ravensmead het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om nie die polisie te verhinder om hul werk te doen nie. Hierdie beroep volg op ‘n voorval verlede […]

Die Kuilsrivier-polisie het die 10de meeste gevalle van handelsmisdaad in die Wes-Kaap geregistreer. Kaapstad-Sentraal (334), Bellville (256), Durbanville (219), Milnerton (212) en Brackenfell (211) is boaan die lys. Foto ter illustrasie.

Credit: Marelize Barnard

Die polisie in Ravensmead het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om nie die polisie te verhinder om hul werk te doen nie.

Hierdie beroep volg op ‘n voorval verlede week toe gemeenskapslede die polisie aangeval het terwyl hulle besig was om verdagtes in hegtenis te neem. Volgens kapt. Odwa Makupula, polisiewoordvoerder, het die gemeenskapslede oproerig geraak en selfs ‘n patrolliewa beskadig. “Die polisie is daar om die gemeenskap teen booswigte te beskerm, maar kan nie hul werk suksesvol doen as hulle aangeval of verhinder word nie. Kinders sien ook hierdie gedrag deur volwassenes en aanvaar dit is hoe dit moet wees. Om die polisie te verhinder om hul werk te doen, is ‘n ernstige misdaad,” sê Makupula.

Volgens hom het daar ‘n neiging in die gemeenskap posgevat dat misdadigers as helde beskou word. “Bendes wys vir jong kinders hul ‘bling’ en die kinders begin daarna strewe. Dit gebeur omdat daar min positiewe rolmodelle in die gemeenskap is. Jong mense sien die bendes het geld en mag en begin daarna hunker. Ons boodskap aan die jeug is dat die polisie hul vriend is en daarop uit is om hulle te beskerm,” sê Makupula.

You need to be Logged In to leave a comment.