Die beraamde straatwaarde van die perlemoen is R1,5 miljoen.


Beamptes van die polisie se honde-eenheid het gister (Maandag 3 Junie) omstreeks 12:50 beslag gelê op R1,5 miljoen se perlemoen by die Cobble Walk-winkelsentrum in Durbanville.

Die beamptes van die K9-honde-eenheid was besig met patrolliediens toe hulle inligting ontvang dat ’n Chevrolet- ligteafleweringsvoertuig besig is om perlemoen na ’n adres in Durbanville te vervoer. Hulle het die voertuig by die winkelsentrum opgemerk waar dit geparkeer was. Die beamptes het die voertuig genader en deursoek, en op 6 332 perlemoen afgekom. Die beraamde straatwaarde van die perlemoen is R1,5 miljoen.

perlemoen

Die Chevrolet- ligteafleweringsvoertuig.

‘n  Man is in hegtenis geneem vir die besit van perlemoen. Die polisie het ook op sy voertuig beslag gelê. Hy sal vandeesweek in die Bellville-landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.