KYK | Peuter en werker groot maats

Twee ongewone vriende se gedeelde passie het vanjaar talle mense twee keer laat kyk.


Twee ongewone vriende se gedeelde passie het vanjaar talle mense twee keer laat kyk.

Dis immers nie aldag dat peuters kleuterskole se persele wil onderhou nie.

Louw Nolan (4) is egter nie jou alledaagse peuter nie.

Vir Louw, wat in La Rochelle in Bellville bly, is daar min dinge so lekker soos om sy oorpak en werkskoene aan te trek. Hy wil dan sommer dadelik skool toe, met sy eie skoppie en besem, sodat hy sy beste vriend, Siphelele Bugqwangu (26), kan help om die Uitsig-kleuterskool in Ridgeworth mooi te maak.

Dit het alles begin toe Louw in 2023 vir die eerste keer skool toe is, sê sy ma, Delize. Sy broer, Nicolas, is in dieselfde skool, maar die verlange na sy ma en sy pa, JP, was veral aan die begin groot.

You need to be Logged In to leave a comment.