Twee ongewone vriende se gedeelde passie het vanjaar talle mense twee keer laat kyk.
Dis immers nie aldag dat peuters kleuterskole se persele wil onderhou nie.
Louw Nolan (4) is egter nie jou alledaagse peuter nie.
Vir Louw, wat in La Rochelle in Bellville bly, is daar min dinge so lekker soos om sy oorpak en werkskoene aan te trek. Hy wil dan sommer dadelik skool toe, met sy eie skoppie en besem, sodat hy sy beste vriend, Siphelele Bugqwangu (26), kan help om die Uitsig-kleuterskool in Ridgeworth mooi te maak.
Dit het alles begin toe Louw in 2023 vir die eerste keer skool toe is, sê sy ma, Delize. Sy broer, Nicolas, is in dieselfde skool, maar die verlange na sy ma en sy pa, JP, was veral aan die begin groot.
Hy was toe nog net twee jaar oud en sy klassie het uitgekyk op die speelarea waar Bugqwangu dikwels vee. Sy klasonderwyseres, Chané Beukes, het gesien hoe baie Louw belangstel en gevra of hy hom wil gaan help.
Dié was eers skaam en het eers net stil-stil met hom gesels, maar hy kon homself eintlik nie keer nie. Kort voor lank het hy elke dag tussen 08:00 en 08:30, voordat die lesse amptelik begin, oral gehelp.
Bugqwangu sê hy geniet Louw baie. “Louw is soos ek; hy’s skaam,” sê hy. “Hy is baie stil. Hy praat nie met sy onderwysers nie, maar hy praat met my. Ek geniet sy geselskap.”
Werksklere, toerusting
Delize sê Bugqwangu het uit sy pad uit gegaan om Louw te verwelkom en aan te moedig. Hy het vir hom ’n skoppie gegee en selfs ’n hark kleiner gemaak sodat die peuter dit maklik kan gebruik.
“Ons was uit die veld geslaan,” sê Delize. “Sy gesig het heeltemal opgehelder. Dit beteken net so baie vir hom.”
Met sy derde verjaarsdag in Oktober 2023 wou hy net ’n oorpak, skoppie en sy eie besem hê en hy was in ekstase toe hy dit kry. Hy dra ook “werkskoene” skool toe– “hoe vuiler en meer stukkend, hoe beter.”
Die oorpak en werkskoene is al klere wat Louw skool toe wil aantrek. Delize trek vir hom skoon klere onder die oorpak aan en vra hom dan om dit na sy werksessie uit te trek, maar sy sê kry hom dikwels na skool met sy oorpak nog aan.
“(Die werk) is die rede vir sy lekkerte om skool toe te gaan.”
Vroeër vanjaar was Bugqwangu vir ses weke lank siek en kon nie skool toe kom nie. Louw het in daardie tyd die ander skoonmakers by die skool gehelp, maar dit was nie dieselfde nie. “Sy wiele het heeltemal afgeval. Die ander was gaaf, maar Siphelele (Bugqwangu) is sy beste maatjie,” sê Delize.
Toe Bugqwangu daardie eerste keer weer by die skool is, kon Louw nie vinnig genoeg uit die kar kom nie.
“Hy het gehardloop en in Siphelele (Bugqwangu) se arms gespring,” sê Delize.
Louw gaan volgende jaar na ’n nuwe skool toe en al die volwassenes in sy lewe hoop en vertrou die oorskakeling gaan glad verloop.
“Ek verstaan; hy moet groot word,” sê Bugqwangu. “Maar ek hoop hy verstaan.”
Intussen het die familie vir Bugqwangu ’n spesiale beker gemaak om hom te bedank vir die jare se vriendskap. ’n Foto van die twee pryk daarop. Die boodskap lui: “Siphelele, dankie dat jy my rolmodel en beste vriend is. Ek gaan jou mis. Louwtjie.”

Vir Louw, wat in La Rochelle in Bellville bly, is daar min dinge so lekker soos om sy oorpak en werkskoene aan te trek.
Hy wil dan sommer dadelik skool toe, met sy eie skoppie en besem, sodat hy sy beste vriend, Siphelele Bugqwangu (26), kan help om die Uitsig-kleuterskool in Ridgeworth mooi te maak.
Dit het alles begin toe Louw in 2023 vir die eerste keer skool toe is, sê sy ma, Delize. Sy broer, Nicolas, is in dieselfde skool, maar die verlange na sy ma en sy pa, JP, was veral aan die begin groot.
kyk deur die venster
Hy was toe nog net twee jaar oud en sy klassie het uitgekyk op die speelarea waar Bugqwangu dikwels vee. Sy klasonderwyseres, Chané Beukes, het gesien hoe baie Louw belangstel en gevra of hy hom wil gaan help.
Dié was eers skaam en het eers net stil-stil met hom gesels, maar hy kon homself eintlik nie keer nie. Kort voor lank het hy elke dag tussen 08:00 en 08:30, voordat die lesse amptelik begin, oral gehelp.
Bugqwangu sê hy geniet Louw baie. “Louw is soos ek; hy’s skaam,” sê hy. “Hy is baie stil. Hy praat nie met sy onderwysers nie, maar hy praat met my. Ek geniet sy geselskap.”
Werksklere, toerusting
Delize sê Bugqwangu het uit sy pad uit gegaan om Louw te verwelkom en aan te moedig. Hy het vir hom ’n skoppie gegee en selfs ’n hark kleiner gemaak sodat die peuter dit maklik kan gebruik.
“Ons was uit die veld geslaan,” sê Delize. “Sy gesig het heeltemal opgehelder. Dit beteken net so baie vir hom.”
Met sy derde verjaarsdag in Oktober 2023 wou hy net ’n oorpak, skoppie en sy eie besem hê en hy was in ekstase toe hy dit kry. Hy dra ook “werkskoene” skool toe– “hoe vuiler en meer stukkend, hoe beter.”
Die oorpak en werkskoene is al klere wat Louw skool toe wil aantrek. Delize trek vir hom skoon klere onder die oorpak aan en vra hom dan om dit na sy werksessie uit te trek, maar sy sê kry hom dikwels na skool met sy oorpak nog aan.
lekkerte
“(Die werk) is die rede vir sy lekkerte om skool toe te gaan.”
Vroeër vanjaar was Bugqwangu vir ses weke lank siek en kon nie skool toe kom nie. Louw het in daardie tyd die ander skoonmakers by die skool gehelp, maar dit was nie dieselfde nie.
“Sy wiele het heeltemal afgeval. Die ander was gaaf, maar Siphelele (Bugqwangu) is sy beste maatjie,” sê Delize.
Toe Bugqwangu daardie eerste keer weer by die skool is, kon Louw nie vinnig genoeg uit die kar kom nie.
“Hy het gehardloop en in Siphelele (Bugqwangu) se arms gespring,” sê Delize.
Louw gaan volgende jaar na ’n nuwe skool toe en al die volwassenes in sy lewe hoop en vertrou die oorskakeling gaan glad verloop. “Ek verstaan; hy moet groot word,” sê Bugqwangu. “Maar ek hoop hy verstaan.”
Intussen het die familie vir Bugqwangu ’n spesiale beker gemaak om hom te bedank vir die jare se vriendskap.
’n Foto van die twee pryk daarop.
Die boodskap lui: “Siphelele, dankie dat jy my rolmodel en beste vriend is. Ek gaan jou mis. Louwtjie.”