Partytjie vir kinders, wat op die outismespektrum is, in Eersterivier gehou

Die nie-winsgewende organisasie AweWorks beplan ’n lekker opskop vir sy jaarlikse Kerspartytjie.


Die nie-winsgewende organisasie AweWorks beplan ’n lekker opskop vir sy jaarlikse Kerspartytjie.

AweWorks is ’n organisasie gemoeid met kinders in Eersterivier wat op die outismespektrum is. Carmen Snyders, die ma van ’n outistiese kind, het die organisasie gestig omdat sy die behoefte raakgesien het vir hulp met kinders op die spektrum.

“Een van die redes hoekom ons doen wat ons doen, is om kinders met outisme ook aan die lekker dinge in die lewe bloot te stel. Ook die ouers wat ’n moeilike jaar agter die rug het, kan kom en vir ’n paar ure net ontspan. Ons wil vanjaar se partytjie vir die kinders onvergeetlik maak,” sê Snyders.

Die Kerspartytjie vind op 29 Desember plaas. “Ons wil graag alle ouers van kinders met spesiale behoeftes uitnooi om by ons aan te sluit om hierdie dag spesiaal te maak vir die kinders,” sê Snyders.

Voor die partytjie gaan daar eers op Vrydag 29 November ’n geldinsamelingsgeleentheid by die Miacasa-sportkroeg in Kuilsrivier gehou word.

Stuur ’n WhatsApp-boodskap na Snyders by 081 765 0503 vir meer inligting oor die geldinsamelingsgeleentheid.

Die nie-winsgewende organisasie AweWorks beplan ’n lekker opskop vir sy jaarlikse Kerspartytjie.

AweWorks is ’n organisasie gemoeid met kinders in Eersterivier wat op die outismespektrum is.

Carmen Snyders, die ma van ’n outistiese kind, het die organisasie gestig omdat sy die behoefte raakgesien het vir hulp met kinders op die spektrum.

“Een van die redes hoekom ons doen wat ons doen, is om kinders met outisme ook aan die lekker dinge in die lewe bloot te stel.

Ouers makeer ook pret

“Ook die ouers wat ’n moeilike jaar agter die rug het, kan kom en vir ’n paar ure net ontspan. Ons wil vanjaar se partytjie vir die kinders onvergeetlik maak,” sê Snyders.

Die Kerspartytjie vind op 29 Desember plaas.

“Ons wil graag alle ouers van kinders met spesiale behoeftes uitnooi om by ons aan te sluit om hierdie dag spesiaal te maak vir die kinders,” sê Snyders.

Voor die partytjie gaan daar eers op Vrydag 29 November ’n geldinsamelingsgeleentheid by die Miacasa-sportkroeg in Kuilsrivier gehou word.

Stuur ’n WhatsApp-boodskap na Snyders by 081 765 0503 vir meer inligting oor die geldinsamelingsgeleentheid.

You need to be Logged In to leave a comment.