Brackies se suksesvolle eerstespan-afrigter Rijan Nel staan tussen twee van sy rugbyprodukte, Jordan van Wyk (links) en Wasi Vyambwera, wat rugbykontrakte vir 2026 by drie van Suid-Afrika se voorste unies bekom het.

‘n Groep oud-Brackies van 2020 se o.13A-rugbyspan wat weens die Covid-19-pandemie nie toegelaat is om te speel nie, is tans besig om groot opgang in Suid-Afrikaanse rugbykringe te maak.

Dit bewys die opofferings van die skool se afrigters was nie tevergeefs nie.

Die Laerskool Brackenfell is ‘n gewilde bron vir van die land se voorste rugbyskole.

Terwyl die name van verskeie lede van daardie gedoemde spannetjie op talle rugbykenners se tonge is, het drie van hulle reeds vanjaar ‘n betekenisvolle koers in hul rugbytoekoms ingeslaan.

Wasi Vyambwera het nie net vanjaar as agsteman en kaptein van Maritzburg College se eerstespan uitgeblink nie, maar ook die Sharks by die Cravenweek verteenwoordig.

Die hoogtepunt is sy insluiting in die SA Skolespan vanjaar, asook ‘n kontrak vir 2026 by die Sharks.

Jordan van Wyk is nog ‘n Brackie wat Durban toe gelok is, waar hy vanjaar as losskakel vir Durban High School uitgedraf het.

Hy gaan hom in 2026 by die Cheetahs aansluit.

Die veelsydige Zak Hickman, wat vanjaar as voorry vir Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch uitgedraf het, is ‘n kontrak deur die WP aangebied.

You need to be Logged In to leave a comment.