Anchen Muller (13) die vermiste tiener van Brackenfell het by ‘n maat in Table View gaan oorslaap en nooit weer teruggekom nie, het polisie sopas bevestig.
Muller is sedert Vrydag 18 Augustus vermis en was die laaste keer gesien voor haar woonkompleks in Vredekloofhoogte.
Haar pa het haar gister, 21 Augustus is vermis aangemeld. Ten tye van haar verdwyning het sy n groen weermag baadjie, blou denim en grys stewels aangehad. Sy is sowat 1.75m lank, skraal gebou met lang bruin hare en blou oë.
Enige iemand wat weet waar Anchen haarself bevind kan Ao. Bernie de Kock by Brackenfell polisie skakel by 084 586 6027.