OPVOLG: Man sterf ná hy glo vrou in Tygervallei skiet

Die skietery het by die Montrose Place-gebou plaasgevind, en Gerhard Lombard, bestuurder by die verplegingdiens Medwell SA, sê hy en van sy personeel was in hul kantoor op die tweede vloer van dié gebou, toe hulle ’n skoot gehoor het.


Die skietvoorval waarin ‘n man dood is nadat hy eers op sy vervreemde vrou en toe homself in die Tygervallei geskiet het, “was maar sleg”.

Só vertel ’n man voor wie se werkplek in die Montrose Place-gebou die skietery plaasgevind het, en wat saam met sy personeel gehelp het om noodhulp toe te pas.

Die man en vrou is na ’n hospitaal in Durbanville gejaag waar die man laat Maandag aan sy wonde beswyk het, het TygerBurger verneem.

Die skietvoorval waarin ‘n man sy vervreemde vrou en toe homself in die Tygervallei geskiet.

Die skietery het by die Montrose Place-gebou plaasgevind, en Gerhard Lombard, bestuurder by die verplegingdiens Medwell SA, sê hy en van sy personeel was in hul kantoor op die tweede vloer van dié gebou, toe hulle ’n skoot gehoor het.

Hy sê hy het by die venster uitgekyk en gesien hoe ’n man, wat later as ’n ooggetuie bekend geword het, van die ingang van die gebou weghardloop. 

Daarna het hulle ten minste vier ander skote gehoor.

Lombard vertel hy het toe sy personeel toegesluit.

“Maar hulle (die personeel) het gesê hulle kan nie net hier sit nie.”

Talle verpleegpersoneel is toe saam met Lombard na onder waar hulle noodhulp op die man en vrou toegepas het.

“Ek is baie trots op hulle,” het Lombard oor sy personeel gesê.

Hy het ook genoem dat, hoewel hy nie die vrou self geken het nie, hy haar al telkemale op die perseel gesien het.

TygerBurger weerhou tans die paar se identiteit totdat haar familie van die voorval in kennis gestel is.

Volgens ’n bron na aan die saak is die vrou onder meer in haar arm geskiet.

Die skietvoorval waarin ‘n man sy vervreemde vrou en toe homself in die Tygervallei geskiet.

Sy is al die afgelope 13 jaar ’n verkoopsbestuurder by Presentation Software Training waar sy in hul kantoor in Tygervallei werk.
Op die toneel het ’n man se bebloede pet in die voorportaal gelê.

Die wapen wat glo in die voorval gebruik is, was nog met TygerBurger se besoek aan die toneel op die vensterbank van die gebou.

ER24-woordvoerder Russel Meiring sê hulle paramedici is, saam met ‘n ander nooddiensverskaffer, om 11:47 uitgeroep na die toneel.

“Met hul aankoms het paramedici die polisie en verpleegpersoneel op die toneel gevind. ‘n Man (53) is by die ingang van die onderneming gevind terwyl ‘n vrou (47) naby die trappe gevind is.”

“Paramedici het die pasiënte geassesseer en gevind dat hulle elkeen ‘n skietwond aan hul kop het, wat hulle albei in ‘n kritieke toestand laat.”

Meiring sê paramedici het albei pasiënte behandel en hulle na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer vir dringende behandeling.

“Die presiese oorsaak van die voorval is nog nie bekend nie.”

‘n Provinsiale polisie-woordvoerder, sers. Noloyiso Rwexana sê die polisie het ‘n ondersoek gelas en sake van poging tot moord word ondersoek.

“Volgens inligting het ‘n man ‘n perseel betree waar hy ‘n vrou geskiet en gewond het, voordat hy homself geskiet het. Albei slafoffers is na die hospital vervoer waar die man weens sy beserings gesterf het.”

Die skietvoorval waarin ‘n man sy vervreemde vrou en toe homself in die Tygervallei geskiet.

Die skietvoorval waarin ‘n man sy vervreemde vrou en toe homself in die Tygervallei geskiet.

Die skietvoorval waarin ‘n man sy vervreemde vrou en toe homself in die Tygervallei geskiet.

Die skietvoorval waarin ‘n man sy vervreemde vrou en toe homself in die Tygervallei geskiet.

Die skietvoorval waarin ‘n man sy vervreemde vrou en toe homself in die Tygervallei geskiet.

You need to be Logged In to leave a comment.