Die IETI Ambagsopleiding-sentrum in Goodwood wat op Vrydag 14 Julie amptelik geopen is, gaan op Saterdag 2 Desember ’n ope dag hou.
Die fokus is veral op matrikulante wat besig is om hul eindeksamens af te lê en nog geen idee het wat hulle wil doen ná skool nie, of wat ’n loopbaan in ’n tegniese rigting oorweeg.
“Ons ope dag is ’n geleentheid vir elke matrikulant wat ’n loopbaan in ’n tegniese rigting wil volg om ons kampus in Goodwood te besoek. Tydens die ope dag word die student en sy of haar ouers op ’n kampustoer geneem en dan sal ons ’n aangesig-tot-aangesig konsultasie doen met die ouers en student,” verduidelik Ricky Minnie, bemarker by IETI.
Die doel is om vir leerders die kampus te wys en hul belangstelling te prikkel en natuurlik om met die ouers te gesels oor die betalingsopsies wat die sentrum aanbied, sê Minnie.
Ambagslui
Volgens Minnie kan ’n student by IETI verwag om binne drie jaar ’n gekwalifiseerde ambagsman met ’n rooi seël te wees.
“Ons vakleerlingskap is almal tussen drie en vier jaar”, sê Minnie.
Gedurende die drie of vier jaar word die student by ’n geakkrediteerde werksplek geplaas vir minstens nege maande van die jaar om sodoende hul praktiese ondervinding op te doen wat hulle dan in staat stel om hulle vaktoets te kan aflê binne die drie of vier jaar by ons by IETI Goodwood.
Besoek www.ieti.co.za vir meer inligting oor die sentrum se beroepskursusse.