Die rubriek in TygerBurger, Woensdag 3 Augustus (“Slagoffers moet met deernis hanteer word”) verwys.

Met verwysing na die aanhaling “Hoe help dit as die eerste persoon by wie sy aanklop om hulp, haar ook Iaat voel dit is haar skuld?” – dit is hartverskeurend om sulke berigte te lees.

Ek is die direkteur van die inwoners- en belastingbetalersvereniging in wyk 111 in Scottsville, Kraaifontein.

Ek is ook die senior direkteur van die maatskappy The X-files Private Investigators in dieselfde omgewing, asook ’n pastoor wat uitreikingswerk doen in ’n plaaslike gemeenskap.

Ons sal graag van hierdie mishandelde vroue wil hoor om hulle te ondersteun, van raad te voorsien en probeer om hulle weer rigting te gee – veral getroude pare, asook pare in verhoudings. Aan die ander kant kan ons hulle bystaan, veral as daar sake geopen moet word.

Ons stel self die verklaring op en maak ook self die dossier oop om seker te maak dat alles volledig in die dossier is, sodat daar suksesvolle vervolgings kan plaasvind.

Konsultasie word gedoen met beide partye indien moontlik, en ons help aansoek doen vir interdikte indien daar geen ander uitweg is nie.

Kontak past. William Thorne by 063 026 9239 of Eveline Thorne by 084 485 4789 of eveline.thome6@gmail.com.


William THORNEScottsville

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article