“Kry ons klagtes ooit aandag?“, TygerBurger 17 September, verwys. Annoniem, ek kan met jou instem. Ons kan “menings gee”; dis al waarop dit neerkom.
Solank ons televisielisensies en belasting betaal worry niemand nie. Plakkershutte kan opgerig word tussen die lang gras. Taxi’s ry tussen huise en oor rooi ligte en stopstrate. Skoolvervoer … wie kyk ooit of voertuie wel padwaardig is; het hulle PDP’s?
Mense sit sonder werk; afleweringsmense is buitelanders. Waar is die Suid Afrikaners wat die werk kan doen? Is daar nog mense wat wette gehoorsaam?
Kla kan ons, maar dit sal daar bly.
Anoniem, E-pos


