Is daar miskien net-net een enkele straat – of sypadjie – in die hele groter Goodwood–grensgebied waar daar nie `n opgegraafde waterpyplekkasie plaasgevind het nie?
En terloops, waar daar `n boom afgesaag is en die betrokke plek nie herstel is nie?
Of selfs waar sinkgate is of ander werk begin is, of randstene weens boomwortels omgeval het, ens. En vir maande of jare net so deur inwoners aanvaar moet word?
Ek praat nie eens van die dekade lange klagtes oor boomwortels nie.
En nou die kitsoplossing vir padbeskadiging: om met `n mengsel van gruis/sand/sement toe te gooi (baiekeer nie eens gekompakteer nie)!
Daarby – afgesien van die talle kilometers waterpype wat vervang word – het iemand al ooit soveel gebarste pype beleef soos deesdae? Daar is “townships” rondom, maar dit wil voorkom of ons al lankal ”township”-status bereik het!
D. Beelders, Vasco