Ongeluk op R300

Die linkerkantse baan in die Suidelike rigting op die R300 is vir verkeer gesluit ná ’n voertuig in spitsverkeer omgeslaan het.


Die linkerbaan in die Suidelike rigting op die R300 is vir verkeer gesluit ná ’n voertuig in spitsverkeer omgeslaan het.

Verkeer beweeg stadig weens die ongeluk.

Maxine Bezuidenhout van die Stad Kaapstad se verkeersafdeling sê nooddienste is op die toneel.

“Een mens is ernstig beseer. Ons sal verdere besonderhede bekend maak soos dinge duideliker word,” sê Bezuidenhout.

TygerBurger se redakteur, Michelle Linnert, het verby die toneel gery en sê dit lyk of ’n ligte vragmotor op sy sy lê.

You need to be Logged In to leave a comment.