Die Laerskool Vredekloof se nuwe onderhoof, Johan Smith, is hier saam met sy twee kinders, Johan en Elsje.
Die Laerskool Vredekloof se nuwe onderhoof, Johan Smith, is hier saam met sy twee kinders, Johan en Elsje.

Johan Smith sal voortaan die nuwe onderhoof by die Laerskool Vredekloof wees. Dié aankondiging is op Vrydag 24 Oktober gemaak, met sy aanstelling effektief van 1 Januarie 2026.

Die skoolgemeenskap is entoesiasties oor die aanstelling en het hul vertroue in hom uitgespreek.

“Die Klofies sien uit na die pad vorentoe in sy nuwe rol en weet hy sal aanhou om die skool se naam hoog te hou en `n positiewe bydrae te lewer.

“Die personeellede, leerders en gemeenskap van die Laerskool Vredekloof is ongelooflik trots,” sê `n woordvoerder by die skool.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article