Graag verwys ek na die berig in TygerBurger 20 Augustus van Hill-Lewis (“Mayor defends tariffs“) en ek rig hierdie skrywe ook sommer direk aan hom.

Hy leef duidelik in sy eie droomwêreld. Ons is twee mense, pensioenarisse en spaar om elke hoek en draai – hoe nou met hierdie verhoogde tariewe?

Die nuutste lesing is al meer as ons huisverband! Waar is die regverdigheid vir pensioenarisse wat nie welgesteld is nie?

Dis ‘n baie eensydige besluit van Hill-Lewis wat weereens bewys hy gee nie om vir ons seniors nie. Hy noem dat mens ook kan aansoek doen vir afslag? Al gekyk wat behels en hoeveel die kamma afslag is? So het ons ‘n tyd gelede ons aansoek om afslag gedoen en 30% gekry op eiendomsbelasting. Wat ‘n grap, want met al die verhogings help dit nie eens nie; dis net uithaal en wys!

Ek is seker daar is ander maniere om befondsing te kry vir sy projekte – sny aan hooggeplaastes se salarisse; hulle voel nie eers die verhoogde tariewe aan hul beursies nie.

Net voorbeelde:

  • Okt 2024 = R3 339;
  • Feb 2025 = R4 410;
  • Apr 2025 = R4 515;
  • Julie 2025 = R5 655;
  • Aug 2025 = R7 745.

Kyk net Julie en Augustus se verskil; my SASSA gaan net so vir munisipaliteit.

OMGEKRAPTE PENSIOENARIS, Brackenfell

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article