Tientalle
Oakdale-inwoners sit met hul hande in hul hare nadat daar skielik kiloliters
water in hul huise begin stroom het elke keer as dit reën.
“Ons bly al
38 jaar lank hier en dit het nog nooit gebeur nie,” sê Martie Käsner.
Dié buurt
is langs die N1 tussen die Willie van Schoor en Old Oak-afritte waar die
Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke tans opknappingswerk
uitvoer.

Inwoners
meen die oorvloedings het eers begin nadat die Old Oak-brug afgebreek is.
As dit
klein bietjie water was, sou dit nog vir hulle aanvaarbaar gewees het, sê hul.
Maar só kan hulle nie aanhou leef nie.
“As dit
reën, lyk dit soos ’n rivier wat hier
afspoel,” vertel inwoner Bernys Jordaan.
Jordaan
moes al twee keer in ’n week die vloere in haar huis laat oordoen nadat dit weens die water verrot het.
Haar
meubels staan op haar bed omdat sy en haar gesin moeg is om dit heeltyd te
skuif.
“Ek is
bang,” vertel Jordaan. Die weervoorspelling sê juis dit gaan Maandag (28 Augustus) reën.

Intussen
sukkel die inwoners om geholpe te word. Hulle word van departement tot
departement gestuur sonder enige hulp, sê hulle.
“Ons het
dit al aan almal gerapporteer. Ons praat en dit help net nie,” vertel Deodat
Käsner.
As dit
reën, dikwels in die middernagtelike ure, moet die hele straat mekaar help om
die water met besems uit te vee.
Meer as een
inwoner is hewig ontsteld oor al die water wat gemors word.
“Dit is
skoon stormwater wat net verlore gaan,” vertel Deodat.
Die
Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke het teen spertyd nie
kommentaar gelewer nie. Hul kommentaar sal bygewerk word sodra dit ontvang
word.