‘Nou voel ek beter’

Ons almal lees van vreeslike ongelukke waarin gesinne uitmekaar geskeur word. In ‘n baie groot persentasie is taxi’s en motorfietse betrokke. Die verkeersowerhede sien dit net soos ons, tensy ‘n […]


Ons almal lees van vreeslike ongelukke waarin gesinne uitmekaar geskeur word. In ‘n baie groot persentasie is taxi’s en motorfietse betrokke. Die verkeersowerhede sien dit net soos ons, tensy ‘n skielike blindheid hulle oorval het.

Die motorfietse jaag teen duiseligwekkende spoed by ons almal verby elke dag en niks word daaraan gedoen nie. Ek merk net wat ander ook opmerk. Ons gewone wetsgehoorsame mense is maklike teikens. Almal weet dis nuttelose woorde, want daar sal niks aan gedoen word nie. Nou voel ek beter dankie.

Johan Brits, E-pos

You need to be Logged In to leave a comment.