Nou of nooit vir Ajax Cape Town

Tydens vanmiddag se mediakonferensie het Stanley Menzo, afrigter van Ajax, gesê dat sy span nog nie hul verloor teen Free State Stars Woensdag heeltemal verwerk het nie en hoewel die spangees goed is, is dit nie op dieselfde vlak indien hulle daardie kragmeting gewen het nie.



Credit: Nthabiseng Madumo

Ajax Cape Town pak Bloemfontein Celtic môre om 20:15 in die Athlone-stadion en laasgenoemde loop oor van selfvertroue nadat hull Dinsdag met Cape Town City met 1-0 afgereken het. Boonop het hulle ook in die Athlone-stadion gespeel en kan dié stryd teen Ajax as nog ‘n “tuiswedstryd” vir Bloemfontein Celtic beskou word.

Tydens vanmiddag se mediakonferensie het Stanley Menzo, afrigter van Ajax, gesê dat sy span nog nie hul verloor teen Free State Stars Woensdag heeltemal verwerk het nie en hoewel die spangees goed is, is dit nie op dieselfde vlak indien hulle daardie kragmeting gewen het nie.

“Ons het ons ondersteuners teleur gestel en sal nou ons sokkies moet optrek. Dit baat glad nie dat ons op verlede jaar se vertoning waar ons hulle  in albei wedstryde geklop het, wil terugval nie. Dis ‘n  nuwe seisoen en ons kan nie op die huidige trant voortploeter nie. Iets sal gedoen moet word, want die spelers vorder tot in die doelgebied en dan lyk dit asof hulle te bang is om die bal in die doelhok te skiet. Die geluksgodin is ons ook nie goedgesind nie en ons sal nou self ons geluk moet bewerkstelling. Net twee spelers, Morne Nel en Tertius Malherbe, is beseer en die res van die span sal ‘n oplossing moet kry om ons op die wenpad te plaas,” het Menzo gesê.

Bloem Celtic is ‘n goed georganiseerde span, het discipline en speel  met selfvertroue. Dis nie elke dag dat ‘n span met groot kanonne soos Bidvest Wits en Cape Town City in wegwedstryde afreken nie.

“Hulle speel tans beter as ons en as ons nou dink ons kan maksimum punte teen Bloemfontein Celtic insamel, bedrieg ons onsself. Afronding is tans ons probleem en al wat die span nodig het, is een oorwinning om hul selfvertroue te herstel,” het Menzo gesê..

You need to be Logged In to leave a comment.