The N7 highway, direction Cape Town. Richard Roberts

Die Bothasig-polisie het bevestig dat nog ’n vragmotor op die N7-snelweg aangeval is.

Volgens die polisie het die vragmotor op Donderdag 27 Julie langs die pad onklaar geraak.

Terwyl die slagoffers langs die pad gestaan het, is hulle deur onbekende mans genader en van hul besittings beroof, sê die polisie.

“Toe die slagoffers nie hul besittings wou oorhandig nie, is hulle aangerand. Die slagoffers het hulp gaan soek en met hul terugkeer het hulle gevind dat daar by die vragmotor ingebreek is,” sê ’n polisiewoordvoerder.

Die polisie sê die saak word steeds ondersoek.

Die voorval is ook op die Richwood-buurtwag se sosiale media gedeel. Die buurtwag se lede het ook die voorval op kringtelevisie opgeneem.

Beamptes van die private sekerheidsmaatskappye District Watch en Precinct Response het ook op die noodoproep gereageer. Daar is ook versoek dat die verkeersdepartement en polisie hulp verleen.

Volgens die buurtwag het twee mans die vragmotor genader en was een van hulle gewapen.

Die bestuurder is glo op sy oog beseer en is deur een van die sekerheidsbeamptes op die toneel behandel.

Die eienaar van die vragmotor is ook ontbied en die voertuig is kort daarna herstel. Die polisie het die vragmotor na die weegbrug begelei.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article