Kennisgewingborde waarop aangedui word dat geen grassnyery vir die volgende paar maande sal plaasvind nie, sodat die seldsame renosterveld en ander wilde plantegroei kan floreer, is onlangs onwettig in Wyk 1 verwyder.
Dis sover onduidelik wie daarvoor verantwoordelik is.
Deon Oosthuizen, ’n wykskomiteelid gemoeid moet omgewingsake, het die voorval onlangs onder die media se aandag gebring.
Cheryl Visser, plaaslike wyksraadslid, het hom gekontak en hom meegedeel dat iemand die kennisgewingborde wat “No Mow” aandui, by vyf openbare parke – wat geïdentifiseer is dat hulle die bedreigde renosterveld-plantspesie kan onderhou – verwyder het.
LEES | Lees die nuutste digitale weergawe van die TygerBurger hier
“Dit is uiters kommerwekkend dat iemand die kennisgewingborde verwyder het. Dit is belangrik dat ons die omgewing probeer bewaar en beskerm, waar ons ook al kan.”
Visser het ook gesê dit is uiters belangrik dat inwoners begryp dat sommige parke se gras nie vir die volgende paar maande gesny sal word nie om sodoende die wilde plantegroei en renosterveld-plantspesie te beskerm.
sê Visser.
Sy sê dit is ook belangrik dat meer inwoners in die wyk die boodskap begryp, en die inisiatief ondersteun om sodoende die groen dele in hul gebied vir die volgende geslag te beskerm.
Visser voeg by dat in Wyk 70, wat Door de Kraal, Hoheizen, Kanonberg, Kenridge, Proteavallei, Welgedacht, Welgemoed en Loevenstein insluit, is inwoners aktief betrokke om wilde plantegroei en die renosterveld te beskerm.
“Ek wil graag Wyk 1 se inwoners aanmoedig om ook betrokke te raak en om iets soortgelyks in ons pragtige wyk te doen,” sê Visser.


