Niemand nog vas ná vier moorde

Sedert die eerste moord in September vanjaar op ’n bejaarde by sy huis in Panorama, is niemand nog in verband met dié moord, of die drie moorde daarna in naburige woonbuurte, in hegtenis geneem nie.


Sedert die eerste moord in September vanjaar op ´n bejaarde by sy huis in Panorama, is niemand nog in verband met dié moord, of die drie moorde daarna in naburige woonbuurte, in hegtenis geneem nie.

  • Hussain Mukadam (72) is op Dinsdag 3 September by sy seun se huis in President Brandstraat, Panorama, in ’n huisroof vermoor. Mukadam en sy gesin was aan die slaap toe hulle deur onbekende verdagtes aangeval is. Die oorledene is vasgebind. Die verdagtes het ’n TV-stel gebuit.
  • Dirk Miller (80), ’n predikant, is op Dinsdag 8 Oktober by sy huis in M.E. Rothmanstraat, Parow-Noord, dood gevind. Miller is ook vasgebind. Die motief vir die aanval was ook huisroof.
  • Frances Kührau (82) is op Donderdag 31 Oktober ook by haar huis in Visagiestraat, Monte Vista, dood gevind. Haar lyk is op die vloer van haar motorhuis gekry.
  • Eugene Robbemond (49) is op Vrydag 22 November by sy ouers se huis in Monte Vista-boulevard, Monte Vista, vermoor. ’n Rusie tussen Robbemond en die aanvallers het uitgebreek, waarna een van die verdagtes op hom geskiet het. Hy is op die toneel dood. Robbemond was op besoek aan Suid-Afrika uit Nieu-Seeland.

TygerBurger wou verlede week weet of daar enige vordering in die ondersoeke is, of enigiemand vir die sake ondervra óf in hegtenis geneem is, en indien daar inhegtenisnemings was, wanneer die verdagtes in die hof gaan verskyn.

Die Wes-Kaapse polisie het in reaksie by monde van sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, gesê al die ondersoeke duur nog voort. “Die sake word nog ondersoek. Die ondersoekbeamptes volg alle beskikbare leidrade op in ´n poging om die mense wat vir die moorde verantwoordelik is, aan te keer,” sê Twigg.

Die polisie versoek enigeen met inligting wat kan help met die ondersoeke om hul Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 te skakel.

Sedert die eerste moord in September vanjaar op ’n bejaarde by sy huis in Panorama, is niemand nog in verband met dié moord, of die drie moorde daarna in naburige woonbuurte, in hegtenis geneem nie.

  • Hussain Mukadam (72) is op Dinsdag 3 September by sy seun se huis in President Brandstraat, Panorama, in ’n huisroof vermoor. Mukadam en sy gesin was aan die slaap toe hulle deur onbekende verdagtes aangeval is. Die oorledene is vasgebind. Die verdagtes het ’n TV-stel gebuit.
  • Dirk Miller (80), ’n predikant, is op Dinsdag 8 Oktober by sy huis in M.E. Rothmanstraat, Parow-Noord, dood gevind. Miller is ook vasgebind. Die motief vir die aanval was ook huisroof.
  • Frances Kührau (82) is op Donderdag 31 Oktober ook by haar huis in Visagiestraat, Monte Vista, dood gevind. Haar lyk is op die vloer van haar motorhuis gekry.
  • Eugene Robbemond (49) is op Vrydag 22 November by sy ouers se huis in Monte Vista-boulevard, Monte Vista, vermoor. ’n Rusie tussen Robbemond en die aanvallers het uitgebreek, waarna een van die verdagtes op hom geskiet het. Hy is op die toneel dood. Robbemond was op besoek aan Suid-Afrika uit Nieu-Seeland, waar hy woon.

Sedert die eerste moord in September vanjaar op ´n bejaarde by sy huis in Panorama, is niemand nog in verband met dié moord, of die drie moorde daarna in naburige woonbuurte, in hegtenis geneem nie.

  • Hussain Mukadam (72) is op Dinsdag 3 September by sy seun se huis in President Brandstraat, Panorama, in ’n huisroof vermoor. Mukadam en sy gesin was aan die slaap toe hulle deur onbekende verdagtes aangeval is. Die oorledene is vasgebind. Die verdagtes het ’n TV-stel gebuit.
  • Dirk Miller (80), ’n predikant, is op Dinsdag 8 Oktober by sy huis in M.E. Rothmanstraat, Parow-Noord, dood gevind. Miller is ook vasgebind. Die motief vir die aanval was ook huisroof.
  • Frances Kührau (82) is op Donderdag 31 Oktober ook by haar huis in Visagiestraat, Monte Vista, dood gevind. Haar lyk is op die vloer van haar motorhuis gekry.
  • Eugene Robbemond (49) is op Vrydag 22 November by sy ouers se huis in Monte Vista-boulevard, Monte Vista, vermoor. ’n Rusie tussen Robbemond en die aanvallers het uitgebreek, waarna een van die verdagtes op hom geskiet het. Hy is op die toneel dood. Robbemond was op besoek aan Suid-Afrika uit Nieu-Seeland.

TygerBurger wou verlede week weet of daar enige vordering in die ondersoeke is, of enigiemand vir die sake ondervra óf in hegtenis geneem is, en indien daar inhegtenisnemings was, wanneer die verdagtes in die hof gaan verskyn.

Die Wes-Kaapse polisie het in reaksie by monde van sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, gesê al die ondersoeke duur nog voort. “Die sake word nog ondersoek. Die ondersoekbeamptes volg alle beskikbare leidrade op in ´n poging om die mense wat vir die moorde verantwoordelik is, aan te keer,” sê Twigg.

Die polisie versoek mense met inligting oor die moorde om 08600 10111 te skakel.

You need to be Logged In to leave a comment.