Motorfietsryer ernstig beseer

’n Motorfietsryer is ernstig beseer ná ’n botsing in Table View die afgelope naweek.


’n Motorfietsryer is ernstig beseer ná ’n botsing in Table View die afgelope naweek.

Russel Meiring, woordvoerder van die ER24-ambulansdiens, sê die voorval waarin ’n motorfiets en ligte voertuig met mekaar gebots het en waarin die man, glo in sy dertigs, sy hand en been ernstig beseer het, het Sondagaand by die verkeerskruising by Otto du Plessis- en David Bairdweg plaasgevind.

Die omstandighede rondom die voorval word nog ondersoek.

Meiring sê met die ambulansdiens se aankoms op die toneel is die bestuurder in die middel van die pad gevind, enkele meters weg vanaf die motorfiets.

“Ná verdere ondersoek is daar bevind dat die persoon ernstige beserings aan sy been en hand opgedoen het wat hom in ’n kritieke toestand gelaat het,” sê Meiring.

Paramedici het die man behandel en na ’n private hospitaal vir dringende mediese behandeling vervoer.

“Die bestuurder van die ligte voertuig is geassesseer, maar het beserings vrygespring,” sê Meiring.

You need to be Logged In to leave a comment.