Teenwoordig by die bekendstelling van die Legacy 1500- projek was, van links, Sheik Zaid Fataar, Sjeg Ebrahim Gabriels, Moulana Abdul Khaliq Allie van die Legacy 1500-projekkommissie.
Teenwoordig by die bekendstelling van die Legacy 1500- projek was, van links, Sheik Zaid Fataar, Sjeg Ebrahim Gabriels, Moulana Abdul Khaliq Allie van die Legacy 1500-projekkommissie.

Vanjaar is dit presies 1 500 jaar ná die geboorte van die Profeet Mohammed en Moslems hier en wêreldwyd gaan dit op gepaste wyse vier.

Die bekendstelling van die vieringe in Suid-Afrika is Woensdag 7 Julie in die Ghousia Manzil-saal in Rylands-landgoed gehou. Daar is vir almal teenwoordig uiteengesit wat die vierings gaan behels.

Die Legacy Projek 1500, soos dit genoem word, se tema is ‘n boodskap van genade, omgewingsbewusmaking en maatskaplike geregtigheid. ‘n Diverse program gaan aangebied word, wat die ryke geskiedenis van Islam hier en oorsee gaan dek.

Van die aspekte van Islam waaroor meer kennis uitgeruil gaan word, sluit in die ondervinding van iemand wat die Moslem-geloof aanneem.

Kulturele en kunsviering met ‘n uitstalling van Islamitiese kuns en kalligrafie, voorstellings van die belangrikste aspekte van die lewe van Profeet Mohammed, die rol en opofferings van vroue wat die kern van Islam vereer het en ‘n massa-uitstalling oor die Moslem en sy gebruike, is van die geleenthede wat bygewoon kan word.

“Die projek is nie net ‘n viering van die geskiedenis van Islam nie; dit is ‘n dringende versoek aan almal om die universele waardes van Islam en hoe dit vandag relevant is tot globale uitdagings, te ondersoek. Ons wil hê die herdenking moet almal insluit; daarom word daar iets vir oud en jonk in die jaar lange vierings ingesluit,” sê dr. Elias Parker, een van die organiseerders van die projek.

Die bekendstelling is bygewoon deur Moslem-geleerders, gemeenskapsleiers, aktiviste, kunstenaars en mediavennote.

Teenwoordig by die bekendstelling van die Legacy 1500- projek was, van links, Sheik Zaid Fataar, Sjeg Ebrahim Gabriels, Moulana Abdul Khaliq Allie van die Legacy 1500-projekkommissie.
Teenwoordig by die bekendstelling van die Legacy 1500- projek was, van links, Sheik Zaid Fataar, Sjeg Ebrahim Gabriels, Moulana Abdul Khaliq Allie van die Legacy 1500-projekkommissie.

Tans is daar meer as 1,9 miljard Moslems wêreldwyd wie se lewe deur Profeet Mohammed se leringe gevorm is. Vir Moslems, veral in Suid-Afrika, is die vierings ‘n manier om hul identiteit te herbevestig, hul bydraes in gemeenskappe te vier en om waardes van vrede en geregtigheid uit te lig,” sê Parker.

Ander vierings sluit in ‘n joernaal wat deur erkende internasionale Moslem-geleerdes uitgebring gaan word, en die bywoning van ‘n internasionale konferensie deur geleerdes wat Mohammed se boodskap gaan ondersoek om te kyk hoe dit vandag met kwessies soos geregtigheid, inklusiwiteit en die beskawing beslag vind.

Die jeug- en gemeenskapsprogramme sluit in essays, om opvoedkundige bronne te kry vir ontwikkeling van skole en madrassas en om die jeug aan te moedig om volgens die Koran te leef. “Ons rig ook ‘n ope uitnodiging aan individue, instellings en organisasies om hul tyd en vaardighed aan te bied of om programme te borg. Daar word ook voorbidding gedoen vir die sukses van die projek en dat almal sal bydra tot die publikasies van alles, insluitend die kunsprojekte.

Kontak Ameena Harker by 082 955 1887 of Ameena@legacy1500.com met navrae.

Dr Elias Parker, een van die organiseerdes, Sheik Ismail Gqamane, Sheik Sadullah Khan en Shafiq Morton het ook die bekendstelling bygewoon.
Dr Elias Parker, een van die organiseerdes, Sheik Ismail Gqamane, Sheik Sadullah Khan en Shafiq Morton het ook die bekendstelling bygewoon.

You need to be Logged In to leave a comment.