Moet asseblief nie dronk bestuur

Ek verwys na die brief van Fezekile Cotani van 15 Januarie oor die geweldige uitgawes en die gevolge van drankmisbruik (“R7 billion down the drain amid poverty and economic hardship”).


Ek verwys na die brief van Fezekile Cotani van 15 Januarie oor die geweldige uitgawes en die gevolge van drankmisbruik (“R7 billion down the drain amid poverty and economic hardship”).

Op Woensdagaand 15 Januarie om ongeveer 11:15 was daar ’n vreeslike slag en die geluid van glas wat breek voor my huis. Ek was vreesbevange en het gedink iemand het my eetkamervenster met ’n baksteen stukkend gegooi.

Toe ek eindelik die moed gehad het om uit te loer, het ek gesien die polisie het aangekom. ’n Motor wat aan die linkerkant van die pad moes ry, het aan die regterkant voor my huis in die lamppaal vasgery. Was die paal nie daar nie, was my heining in sy peetjie gery en dink net watter geweldige ongerief sou dit veroorsaak het.

Daar was toe net ’n bewustelose dame agter die stuurwiel. Die res van die geselskap was “missing in action”.

Nodeloos om te sê, ek het ’n slapelose nag gehad. Ek weet ook nie of drank betrokke was nie; ek wonder net.

Daarom, as jy gedrink het, moenie bestuur nie. Moenie ander se lewens aantas met jou roekelose dade nie.


inwonerOakdale

You need to be Logged In to leave a comment.