Mikro se spanne vaar goed in Paarl

Die Laerskool Mikro se o.13 A rugby-, netbal- en hokkiespanne het in die April-vakansie aan die Kobus Wiese-superseries-toernooi by die Laerskool Noord-Eind in die Paarl deelgeneem. Die spanne het mekaar […]


Die Laerskool Mikro se o.13 A rugby-, netbal- en hokkiespanne het in die April-vakansie aan die Kobus Wiese-superseries-toernooi by die Laerskool Noord-Eind in die Paarl deelgeneem.

Die spanne het mekaar se wedstryde ondersteun, lekker saam by die koshuis

gekuier en selfs gesokkie. Die toernooi was ‘n uitstekende groei- en ontwikkelingsgeleentheid vir elke speler, wat ook hul spanmaats en afrigters beter leer ken het.

Mikro se hokkiespanne het uitstekend gevaar. Die meisies het derde uit agt spanne geëindig en die seuns het die tweede plek uit ses spanne behaal. Maria van der Merwe, Gaffie van Aarde, Jovan de Bod en Kihan Botes is as spelers van die toernooi aangewys. Gaffie van Aarde het ook die trofee vir die beste voorspeler ontvang.

Die skool het elke ouer vir hul ondersteuning langs die veld bedank asook die

afrigters wat hul vakansietyd opgeoffer het om die spelers te vergesel. Sodoende het die spelers die geleentheid gehad om aan hierdie besonderse toernooi deel te neem.

Mikro se Joshua Barnard (links)
Louis Mouton (skoolhoof) saam met Mikro se o.13-meisieshokkiespan.
Die Laerskool Mikro se toergroep by die NG kerk (Moederkerk) in Wellington.
Jovan de Bod, Maria van der Merwe, Gaffie van Aarde en Kihan Botes is as spelers van die toernooi aangewys. Gaffie het ook die trofee as die beste voorspeler ontvang.
Louis Mouton (skoolhoof) by Mikro se o.13A-netbalspan.
Mikro se o.13A-rugbyspan.

You need to be Logged In to leave a comment.