Foto van onderwysers wat oud-leerders is.
Die onderwysers wat ook oudleerders is, is (van links) Ruan Meyer, Kyla Orton, Zanri Meyer, Yolandi Vermeulen en Shaun Fabricius. Hulle het by die saalbyeenkoms ’n terugblik op hul eie skooldae aan Mikro gegee. Maskers is vir foto verwyder. Credit: Carina Roux

Die Laerskool Mikro het verlede week sy 50ste skooljaar met ’n spesiale Fees50-saalbyeenkoms begin.

Van die eerste sub-A’s van 1972 en oud-skoolkomiteelede was onder die eregaste.

Ds. Francois Cillié, oud-beheerliggaamvoorsitter, het in sy boodskap gepraat oor die skool se waardes wat in die naam Mikro opgesom word, naamlik mededeelsaamheid, integriteit, kreatiwiteit, respek en omgee.

Gloudina Roux, oud-musiekonderwyseres, se feeslied wat sy geskryf het, is by die geleentheid bekendgestel en deur die personeellede gesing.

Foto van personeel wat die skoollied sing.
Personeellede sing die feeslied, geskryf deur die oud-musiekonderwyseres Gloudina Roux. Credit: Carina Roux

Die huidige en derde skoolhoof, Louis Mouton, sê hulle vertrou 2022 sal ’n meer “normale” en positiewe jaar wees.

“As skoolgemeenskap wil ons graag hierdie besondere jaar vir Laerskool Mikro met dankbaarheid en toewyding aanpak,” sê hy.

Eregaste
Die eregaste by die begin van die Laerskool Mikro se 50ste skooljaar is (agter van links) Annerie Spreeth (adjunkhoof), ds. Hennie du Pisanie, Nico Walters (vorige hoof) en sy vrou Erna, Pieter van Aarde (eerste sub. A-klas) ds. Francois Cillié (oud-beheerliggaamvoorsitter) en sy vrou Jeanne, Pietie van Aarde (lid van die eerste skoolkomitee), Gloudina Roux (feeslied-skrywer) en haar man André, Louis Mouton (hoof) en ds. Jannie du Plessis. Voor is Fanie le Roux (jr.), Jeanette le Roux, Fanie le Roux (oud-skoolkomiteelid) en Dirk van Aarde (eerste sub A-klas). Credit: Carina Roux

“Ons wil met die verskeie aktiwiteite wat vir die feesjaar beplan word, eer bewys aan ons pragtige skool en almal wat die afgelope 50 jaar hier betrokke was.”

Die skool se heel eerste Penveerfees – met ’n karnaval en kunstenaars soos Demi-Lee Moore en Snotkop – vind op 26 Februarie plaas.

Foto van onderwysers wat oud-leerders is.
Die onderwysers wat ook oudleerders is, is (van links) Ruan Meyer, Kyla Orton, Zanri Meyer, Yolandi Vermeulen en Shaun Fabricius. Hulle het by die saalbyeenkoms ’n terugblik op hul eie skooldae aan Mikro gegee. Maskers is vir foto verwyder. Credit: Carina Roux

Ander geleenthede wat beplan word sluit in ’n mini-reünie op 18 Maart) ’n pretloop by Zevenwacht op 19 Maart, ’n sportdag in Augustus, ’n skoolkonsert in September, ’n langtafel-ete, asook ’n pypkarresies en pretdag in Oktober.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article