Meer as 2 600 spoedboetes is verlede maand uitgereik in Wyk 1, wat Monte Vista, Panorama, Welgelegen, Kleinbosch en Plattekloof insluit.
Dié inligting is verlede Woensdag in die Subraad 7-vergadering met raadslede gedeel. Volgens die maandelikse syfers is altesaam 2 652 boetes in Januarie uitgereik.
Cheryl Visser, raadslid vir Wyk 1, het genoem dat die getal boetes vir Januarie haar bekommer.
Sy het aangevoer dat sy nie heeltemal seker is of dié boetes te wyte is aan die nuwe spoedkamera in Giel Basson-rylaan nie en of dit taxi-verwant is nie.
“Ek dink ons moet dit verder ondersoek. Wyk 1 is ’n groot gebied en ek kan nie vasstel waar presies dit gebeur nie. Dit mag dalk reg oor die wyk wees,” het sy aan raadslede gesê.
Wyk 1 is een van die grootste wyke in die Stad Kaapstad.
“As jy na die statistieke kyk, is dit taamlik hoog,” sê Visser.
’n Verteenwoordiger van die verkeersdiens wat die vergadering aanlyn bygewoon het, het gesê die diens sal ondersoek instel en die inligting verder verfyn om sodoende te bepaal waar die verkeersoortredings gebeur. Hulle sal ook probeer vasstel of die verkeersoortredings deur mobiele kameras of permanente kameras afgeneem word. Hy het verder aangedui dat hulle dan die statistieke vir Subraad 7 kan opdeel, en dat die statistieke korrek deurgegee sal word.
Buiten die aantal spoedboetes, is altesame 452 boetes aan taxi’s uitgereik: 54 boetes is uitgereik weens onwettige parkering of stop, en altesaam 15 lasbriewe is uitgereik. Altesame 27 boetes is uitgereik aan motoriste wat verkeersligte, stoptekens of pyltjies verontagsaam; vier taxi’s is geskut en daar is op drie selfone beslag gelê.
Meer as 2 600 spoedboetes is verlede maand uitgereik in Wyk 1, wat Monte Vista, Panorama, Welgelegen, Kleinbosch en Plattekloof insluit.
Dié inligting is verlede Woensdag in die Subraad 7-vergadering met raadslede gedeel. Volgens die maandelikse syfers is altesaam 2 652 boetes in Januarie uitgereik.
Cheryl Visser, raadslid vir Wyk 1, het genoem dat die getal boetes vir Januarie haar bekommer.
Sy het aangevoer dat sy nie heeltemal seker is of dié boetes te wyte is aan die nuwe spoedkamera in Giel Basson-rylaan nie en of dit taxi-verwant is nie.
“Ek dink ons moet dit verder ondersoek. Wyk 1 is ’n groot gebied en ek kan nie vasstel waar presies dit gebeur nie. Dit mag dalk reg oor die wyk wees,” het sy aan raadslede gesê.
Wyk 1 is een van die grootste wyke in die Stad Kaapstad.
“As jy na die statistieke kyk, is dit taamlik hoog,” sê Visser.
’n Verteenwoordiger van die verkeersdiens wat die vergadering aanlyn bygewoon het, het gesê die diens sal ondersoek instel en die inligting verder verfyn om sodoende te bepaal waar die verkeersoortredings gebeur. Hulle sal ook probeer vasstel of die verkeersoortredings deur mobiele kameras of permanente kameras afgeneem word. Hy het verder aangedui dat hulle dan die statistieke vir Subraad 7 kan opdeel, en dat die statistieke korrek deurgegee sal word.
Buiten die aantal spoedboetes, is altesame 452 boetes aan taxi’s uitgereik: 54 boetes is uitgereik weens onwettige parkering of stop, en altesaam 15 lasbriewe is uitgereik.