Matriekleerders van Protea Heights Academy en hul onderwyser, Annorhyn Tolken, het geld ingesamel deur samoesas te verkoop.
Met hierdie geld is ’n verskeidenheid eetgoed vir die kinders by die howe aangekoop.
Enigiets om ’n honger maag by die howe te vul help die kinders om sekondêre trauma te verminder ná die afskuwelike misdade waarvan hulle slagoffers was.
Die seniors van die Jubileum/Jabulani-aftreeoord brei ook gereeld sagte speelgoed en ander artikels om die lyfies in die koue warm te hou.
Linda Louw, koördineerder van die kinderprojek, meen dit is ’n pragtige gebaar om te sien die skoolkinders is self by geldinsameling betrokke en dat hulle omgee vir ander kinders wat seergekry het.
“Ons ondervind hul onderwyseres is baie vriendelik en entoesiasties om so ’n projek te onderneem,” sê Louw.
Die kinderprojek is afhanklik van donasies om volhoubaar hierdie gebroke kinders by die howe te ondersteun.
Kontak Linda by 084 554 1948.