Kirsty Matthew was die beste matrikulant by haar skool.
Kirsty Matthew was die beste matrikulant by haar skool.

Een van die voorste matrikulante aan die Hoërskool Apex se raad aan nuwe graad 12-leerders is om vroeg reeds te vind wat hul motivering is om aan te hou en om net jouself te wees.

Drie onderskeidings

Kirsty Matthews (18), wat met drie onderskeidings geslaag het, sê haar reis tot in matriek was nie altyd met rose besaai nie, maar sy is dankbaar dat sy uiteindelik bo uitgekom het. “Ek het groot geword met ‘n pa wat dwelms gebruik het en ons lewens baie swaar gemaak het. Voor ek met hoërskool begin het, toe sterf een van my oupas en dit het my hard geslaan. Daarna moes ons hoërskool in die Covid 19-tydperk begin en alles was deurmekaar,” sê Kirsty.

In graad 9 het sy met verkeerde vriende deurmekaar geraak en begin rook, drink en lieg vir haar ma. “In graad 10 het ek nuwe vriende gemaak, maar dit het ook nie veel beter gegaan nie. Ek was ‘n probleem vir my ma tot ek in graad 12 besef het dit kan nie so aangaan nie. Ek het ‘n verandering ondergaan en met die ondersteuning van my familie het my punte aanhou verbeter, want ek het ophou rook en drink en my hele lewe verander. Uiteindelik was my punte die beste wat hulle ooit was,” sê sy.

Nog ‘n struikelblok

Hoewel dinge vir haar verbeter het, wou een struikelblok haar nog pootjie voor die einde.

“Ons elektrisiteit was vir ‘n tydperk af en daarom het ek nie verwag dat ek my naam as top-leerder van die skool sal hoor nie,” sê sy.

Vanjaar gaan sy eers werk en wag totdat sy haar “roeping” gevind het voor sy gaan werk. “Sodra ek my passie gevind het en besluit het wat ek met my lewe gaan doen, gaan ek in daardie rigting studeer.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article