’n Man (28) is gister (Sondag 30 Oktober) met ’n sementblok in Dahliastraat,
Scottsville doodgegooi toe sy kop vergruis is.
Die polisie het hom vandag as Petrus Cloete,
alias Pietie Boy, uitgeken.
Die Kraaifontein-polisie het Sondag leidrade opgevolg en op dié
grumoord afgekom. Die sementblok het langs die oorledene se kop gelê en sy
liggaam was bedek.
Cloete se ouers, wat in dieselfde straat bly, is na die toneel
ontbied om die oorledene se kinders te troos.
“Ek het vanoggend nog geslaap toe van die inwoners my wakker gemaak
het en gesê het dat ek dadelik na die plek moet kom waar my seun gebly het,” het
sy ma, Katriena Cloete (55), gesê.
was skokkend om hom só daar te sien lê in die agterplaas waar hy gewoon het. Sy
drie kinders is verskriklik geskok oor die gebeure.”
Een van die omstanders wat anoniem wil bly en gesien het hoe Cloete
sterf, was nog erg geskok toe TygerBurger met haar gepraat
het.
“Die moorde in Scottsville moet stopgesit word. Ons kan dit nie
meer langer uithou nie. Jy kan nie veilig voel as jy werk toe loop nie, want jy
is oral ’n teiken. Ek vermoed dat daar meer as een persoon betrokke was by die
moord, want die jongman het wreed gesterf,” het sy gesê.
verklaring gesê die polisie ondersoek die saak. ’n Moorddossier is geopen vir
verdere ondersoek en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis
geneem nie.