Man glo voor sy ouers se huis in Monte Vista geskiet

Die Wes-Kaapse polisie het bevestig dat hy die moord op ’n 49-jarige man in Monte Vista verlede Vrydag 22 November ondersoek.


Die Wes-Kaapse polisie het bevestig dat hy die moord op ’n 49-jarige man in Monte Vista verlede Vrydag 22 November ondersoek.

Die man, Eugene Robbemond, is voor sy ouers se huis vermoor. TygerBurger het vertroulik verneem dat die man op besoek is aan Suid-Afrika en dat hy in Nieu-Seeland woon.

Die voorval het omstreeks 13:30 in Mostertstraat in Monte Vista gebeur.

Lt.kol. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê daar word vermoed dat die verdagtes die slagoffer van die bank agtervolg het. Die slagoffer het die betrokke dag by sy huis stilgehou toe drie mense hom aangeval het. Die verdagtes was in ’n wit Toyota Corolla.

“ ’n Rusie het ontstaan waartydens een van die verdagtes die man op die sypaadjie naby sy huis doodgeskiet het. Hy het skietwonde aan sy bolyf opgedoen,” sê Pojie.

Die polisie in Goodwood het ’n moorddossier geopen vir verdere ondersoek.

AGTERVOLG

Pojie sê die polisie glo dat die verdagtes die oorledene van die bank af agtervolg het, en dat roof die motief vir die aanval was. Die aanvallers het egter sonder enige kontant gevlug.

Pojie sê ook dat speurders alle moontlike leidrade opvolg om die verdagtes vas te trek. Hul voertuig is verlate in ’n parkeerterrein in Parow gevind.

Deon Oosthuizen, lid van die Monte Vista Plattekloof Glen-buurtwag, het die voorval bevestig en sê die man is voor sy ouers se huis noodlottig gewond. Hy het ook bevestig dat die verdagtes se voertuig in Parow gevind is.

“Een van ons patrolleerders het agter die voertuig gery kort nadat die voorval gebeur het, en opgemerk dat die agterste ruit uit was. Sy het my gekontak kort nadat die voorval op ons gemeenskap se groep gerapporteer is,” sê Oosthuizen.

Oosthuizen sê die polisie, District Watch, Precinct Response, ambulansdienste en lede van hul buurtwag was op die toneel.

’n Waak is Saterdag tussen 19:00 tot 20:00 vir die oorledene in Mostertstraat gehou om die naasbestaandes te ondersteun. Die geleentheid is deur die plaaslike inwonersvereniging gereël.

Die voorval Vrydag het naby die Laerskool Monte Vista plaasgevind, maar Bronagh Hammond, woordvoerder vir die Wes-Kaapse onderwysdepartement, sê dit hou geensins met die skool verband nie, en dat die voorval ná skool-ure in die gemeenskap plaasgevind het.

  • Op Maandag 7 Oktober is ’n man verskeie kere voor ’n kroeg in Monte Vista-boulevard in Monte Vista raakgeskiet. Die polisie ondersoek nog die aanval.

Die Wes-Kaapse polisie het bevestig dat hy die moord op ’n 49-jarige man in Monte Vista verlede Vrydag 22 November ondersoek.

Die man is glo voor sy ouers se huis vermoor. TygerBurger het vertroulik verneem dat die man op besoek is aan Suid-Afrika en dat hy in Nieu-Seeland woon.

Die voorval het omstreeks 13:30 in Mostertstraat in Monte Vista gebeur.

Lt.kol. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê daar word vermoed dat die verdagtes die slagoffer van die bank agtervolg het. Die slagoffer het die betrokke dag by sy huis stilgehou toe drie mense hom aangeval het.

Die verdagtes was in ’n wit Toyota Corolla.

“ ’n Rusie het ontstaan waartydens een van die verdagtes die man op die sypaadjie naby sy huis doodgeskiet het. Hy het skietwonde aan sy bolyf opgedoen,” sê Pojie.

Die polisie in Goodwood het ’n moorddossier geopen vir verdere ondersoek.

Pojie sê die polisie glo dat die verdagtes die oorledene van die bank af agtervolg het, en dat roof die motief vir die aanval was. Die aanvallers het egter sonder enige kontant gevlug.

Pojie sê ook dat speurders alle moontlike leidrade opvolg om die verdagtes vas te trek. Hul voertuig is verlate in ’n parkeerterrein in Parow gevind.

Deon Oosthuizen, lid van die Monte Vista Plattekloof Glen-buurtwag, het die voorval bevestig en sê die man is voor sy ouers se huis geskiet. Hy het ook bevestig dat die verdagtes se voertuig in Parow gevind is.

You need to be Logged In to leave a comment.