‘n Pakkie kokaïne is glo Vrydagmiddag (5 April) op die toneel gekry waar ’n man (38) helder oordag buite die Velodrome-sportkompleks doodgesteek is.
Volgens kapt. Jonathan Blankenberg, woordvoerder van die Bellville-polisiekantoor, het die voorval sowat 13:00 in die onderste parkeerarea gebeur.
Die oorledene is glo deur drie mans genader waarna daar ’n struweling uitgebreek het, sê Blankenberg.
“Die man was glo ’n bekende in Bellville se dwelmkringe.”
Die verdagtes het in ’n wit Honda met ’n geel motoregistrasienommerplaat gevlug.


