‘n 42-jarige man, is vanoggend (Donderdag 30 Januarie) in die parkeerterrein buite die Brackenfell polisiekantoor doodgeskiet in wat vermoedelik ‘n bendeverwante voorval was.
“Berigte dui daarop dat twee onbekende gewapende mans omstreeks 09:45 op die oorledene losgebrand het nadat hy sy voertuig verlaat het en in die rigting van die polisiekantoor gestap het. Die verdagtes het in n onbekende voertuig van die toneel af gevlug. Die man is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar,” sê AO. Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder.
Volgens Swartbooi word die motiewe rondom die voorval nog ondersoek en fynkam speurders van die polisie se bende-eenheid tans die toneel vir leidrade.
Die polisie het by navraag nie die naam van die oorledene bekend gemaak nie, maar volgens verskeie ander bronne was die skietery bendeverwant.


