Man (27) van Kaapstad vas oor diesel by huis

Beamptes van die Stad Kaapstad se metropolisie het Vrydag 10 Oktober ’n 27-jarige man in hegtenis geneem nadat honderde liters diesel in sy besit gekry is.

Lede van die metropolisie het Vrydag beslag op honderde liters diesel by ’n huis in Parowvallei gelê. Een verdagte is aangekeer.

Credit: SYSTEM

Beamptes van die Stad Kaapstad se metropolisie het Vrydag 10 Oktober ’n 27-jarige man in hegtenis geneem nadat honderde liters diesel in sy besit gekry is.

Sy inhegtenisname kom nadat die polisie ’n wenk ontvang het oor diesel wat glo by ’n adres in Parowvallei verkoop word.

Ruth Solomons, woordvoerder, sê hul beamptes het die perseel om 08:00 besoek en afgekom op 400 liter diesel in verskeie houers op die perseel. Die geskatte waarde daarvan is sowat R9 000.

Die verdagte kon nie bewyse vir die aankoop daarvan verskaf nie, en kon ook nie enige dokumentasie wat hom toelaat om diesel te verkoop, verskaf nie, sê Solomons.

Die verdagte word by die Parow-polisie­kantoor aangehou en word aange­kla van die besit van vermoedelik gesteel­de goe­dere, sowel as van die verkoop van pro­dukte sonder die nodige verkoopsli­sensie deur die bestuur van die petroleum-produk, sê Solomons. Sy sê nog klagte kan bygevoeg word.

You need to be Logged In to leave a comment.