Die lyk van ‘n vermoorde man lê onder ‘n seil op die toneel waar hy in ‘n vermoedelik bendeverwante voorval geskiet is.


Bendegeweld het vanoggend (1 Julie) die lewe van nog ‘n jong man geëis toe ‘n 25-jarige man op die hoek van Agnes-en Simon-straat in Valhallapark doodgeskiet is. 

Volgens sers. Samantha Adonis, polisiewoordvoerder, het twee vriende op ‘n veldjie gestaan en rook toe ‘n bekende bendelid aangestap gekom het en begin skiet het. “Die een vriend kon weghardloop, maar die oorledene kon nie betyds wegkom nie. Daar is verskeie skote op hom geskiet terwyl hy op die grond gelê het,” sê Adonis. 

 ‘n Ondersoek is van stapel gestuur, maar niemand is nog weens die moord in hegtenis geneem nie. 

You need to be Logged In to leave a comment.