Besoek www.elections.org.za of SMS jou ID-nommer na 32810 om seker te maak van die stemlokaal waar jy mag stem.


Die meer as 27,7 miljoen mense wat geregistreer het om in vanjaar se nasionale en provinsiale verkiesing op Woensdag 29 Mei te stem, is die meeste nog in die 30 jaar van demokrasie in Suid-Afrika.

Vanjaar gaan kiesers drie stembriewe ontvang en nie twee, soos in die verlede nie.

Waar daar voorheen een stembrief vir nasionaal was en een vir provinsiaal, is daar nou nog ’n nasionale stembrief, die sogenaamde streekstembrief.

Kiesers gaan ’n blou, ’n geel en ’n pienk stembrief ontvang.

Die blou stembrief is die nasionale stembrief wat regoor die land dieselfde lyk en waarop slegs politieke partye gelys is.

Hierdie stembrief handel oor setels of verteenwoordiging in die nasionale parlement.

Die streekstembrief handel ook oor verteenwoordiging in die nasionale regering. Op hierdie stembrief, wat van provinsie tot provinsie sal verskil, is daar politieke partye, sowel as onafhanklike kandidate van die spesifieke provinsie gelys, wat meeding vir setels in die nasionale parlement.

Die derde stembrief (pienk) is die provinsiale stembrief en spesifiek tot die provinsie waarin jy stem.

Hier handel dit om die samestelling van die provinsiale regering. Op die stembrief sal politieke partye, sowel as onafhanklike kandidate, gelys wees.

Dit is belangrik om te onthou dat jy slegs een stem (kruisie) op elke stembrief mag maak.

  • Besoek www.elections.org.za of SMS jou ID-nommer na 32810 om seker te maak van die stemlokaal waar jy mag stem.

You need to be Logged In to leave a comment.