Die lyk van
’n pasgebore babaseuntjie is in ’n vullisdrom in Bellville gevind.

Dit is die
tweede soorgelyke geval in minder as vier maande in dieselfde area.

Die
woordvoerder van Kaapstad se wetstoepassingseenheid, Wayne Dyason, sê amptenare het Donderdag die gebied rondom
die Bellville-treinstasie gepatrolleer toe die ontdekking gemaak is.

“Hulle is
deur gemeenskapslede in kennis gestel van ’n verdagte bondel wat in ’n swart
sweetpaktop toegedraai is en in ’n vullisdrom lê.”

Wetstoepassers
het die bondel oopgemaak en die nooddienste gebel,
wat die baba dood verklaar het.

Die saak is
aan die Suid-Afrikaanse polisiedienste oorhandig.

“In hierdie stadium het die ma nog nie na vore
gekom nie,” het Dyason gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article