Lyk naby Glen Garry gevind

Die liggaam van ‘n 60-jarige man is omstreeks 12:00 vandag in die vlak water van ‘n stormwatersloot oorkant die Glen Garry-winkelsentrum in Vredekloof gevind.


Die liggaam van ‘n 60-jarige man is omstreeks 12:00 vandag
in die vlak water van ‘n stormwatersloot oorkant die Glen Garry-winkelsentrum
in Vredekloof gevind.

Die man wie se identiteit nog nie bekend gemaak kan word
nie, het Vrydagaand vermis geraak. Volgens ‘n familievriend het hy Vrydag
omstreeks 18:00 na die winkelsentrum gestap om sigarette en drank te koop, maar
hy het nie weer teruggekeer huis toe nie.

Hy het in Krondendal gebly waar sy vrou ‘n huiswerker is.

Die polisie vermoed in die stadium nie vuil spel nie.

You need to be Logged In to leave a comment.