Die top40-uitstalling van die landswye Portretkompetisie is tans by Rust-en-Vrede-galery en kleimuseum in Durbanville te sien.

Walk About is ‘n geleentheid waar die publiek met die kunstenaars oor hul kunswerke kan gesels.

Jeanette du Plessis is van Bellville en het die top40 gehaal. Sy was saam met ‘n paar ander kunstenaars op Saterdag 4 Oktober deel van die Walk About. Haar skildery Doyenne@Artscape is reeds verkoop. Dit is nog tot 29 Oktober op uitstalling.

Die skildery is ‘n portretstudie van Marlene le Roux, hoof- uitvoerende beampte van KunsteKaap. Sy is ‘n ikoon en ook ‘n spreekbuis vir polio. Sy het ook as enkelouer haar serebraal gestremde seun grootgemaak. Die skildery is van ‘n vrou uit haar streek wat ‘n stem in ons land is. Die Walk About is ‘n geleentheid waar plaaslike mense erkenning kry.

“Dit is vir my ‘n baie groot voorreg om my werk tussen die 40 bestes te sien hang. Ek wil vir elke persoon wat my aanmoedig en kommentaar op my werk lewer en gelewer het hartlik bedank. Dit is die mense wat dit raaksien en waardeer, wat kuns groot maak. Om te kompeteer is net ‘n spel, om kuns te skep maak die wêreld mooi en dit is ‘n eer om deel daarvan te wees. Baie dankie vir elkeen wat gereageer het op hierdie werk. Dit is ‘n mylpaal op my kunsreis. Om dit met ander te deel, is ‘n wonderlike ervaring wat ek altyd sal koester.”

You need to be Logged In to leave a comment.