Liggaam gevind in Drostdypark

Die Kuilsrivier-polisie is besig met ’n ondersoek na die dood van ’n man wie se liggaam op Saterdag 18 Januarie naby die kanaal in Drostdypark gevind is.

AO Andries Binedell, sektor 3-bevelvoerder van die Kuilsrivier-polisie, sê ’n verbyganger het in die vroeë oggendure die liggaam opgemerk en die polisie ontbied.

Die man met donker gelaatstrekke het ten tyde van sy dood ’n overall-broek, ’n swart Redbat-top en veiligheidstewels aangehad.

Hy het ’n sigbare hoofbesering gehad wat vermoedelik die oorsaak van sy dood kon wees, maar dit moes nog bevestig word. Die Kuilsrivier-polisie het ’n moorddossier oopgemaak, sê Binedell.

Die oorledene is intussen deur familielede uitgeken.

Skakel Binedell by 079 894 1561 of die speurders by 082 411 3224 met enige inligting oor die voorval.

Die Kuilsrivier-polisie is besig met ’n ondersoek na die dood van ’n man wie se liggaam op Saterdag 18 Januarie naby die kanaal in Drostdypark gevind is.

AO Andries Binedell, sektor 3-bevelvoerder van die Kuilsrivier-polisie, sê ’n verbyganger het in die vroeë oggendure die liggaam opgemerk en die polisie ontbied.

Die man met donker gelaatstrekke het ten tyde van sy dood ’n overall-broek, ’n swart Redbat-top en veiligheidstewels aangehad.

Hy het ’n sigbare hoofbesering gehad wat vermoedelik die oorsaak van sy dood kon wees, maar dit moes nog bevestig word. Die Kuilsrivier-polisie het ’n moorddossier oopgemaak, sê Binedell.

Die oorledene is intussen deur familielede uitgeken.

  • Skakel Binedell by 079 894 1561 of die speurders by 082 411 3224 met enige inligting oor die voorval.

You need to be Logged In to leave a comment.