Lewenslange tronkstraf vir verkragter

Die Bellville-reeksverkragter is lewenslange gevangenisstraf opgelê.


Die Bellville-reeksverkragter is lewenslange gevangenisstraf opgelê.

Hy is ook tot ’n bykomende 108 jaar tronkstraf gevonnis.

Siyamcela Ntombini, van Gugulethu, is Dinsdag 11 Julie in die hoogeregshof in Kaapstad tot ‘n effektiewe 30 jaar agter tralies gevonnis.

Ntombini het in 2014 en 2015 ’n skrikbewind in die buitewyke van Bellville gevoer waar hy 13 vroue verkrag, gedreig en besteel het.

Hy was netjies aangetrek toe hy vroue genader het en vra of hulle werk soek. Hy sou dan saam met hulle na die nywerheidsgebied naby die spoorlyn loop. Hier sou hy ’n mes of vuurwapen uitpluk, die vroue in die bosse dwing en verkrag en beroof.

’n Spesiale taakspan is later gestig om hom vas te trek.

Die vroue het hom uitgeken en hy is deur DNS met die misdrywe verbind.

Netwerk24 berig party van Ntombini se vonnisse sal samelopend uitgedien word en sal hy daarom effektief 30 jaar in die tronk wees.

You need to be Logged In to leave a comment.