Leer aflewereaars padreëls

Met verwyssing na die brief “Nou voel ek beter” in TygerBurger van 19 Maart. Ek was al in twee gevalle betrokke. In die eerste geval ry ek die seepad tussen […]


Met verwyssing na die brief “Nou voel ek beter” in TygerBurger van 19 Maart. Ek was al in twee gevalle betrokke.

In die eerste geval ry ek die seepad tussen Melbosstrand na Blouberg. ‘n Afleweringsmotorfiets ry amper bo-op my motor – die motorfietsryer ry met sy gesig padwaards weens die wind en jaag by my verby tussen myne en ‘n aankomende motor van voor. Nie lank daarna nie nader ek eilande wat die pad na Blouberg en na Tablebay Mall verdeel. Daar staan die motorfietsryer en ondersoek sy fiets. Natuurlik het hy te vinnige gery om links te draai en op die eiland beland.

Die tweede keer ry ek uit Duynefontein, ‘n motorfiets bly agter my motor. Ek stop by die stopstraat om regs te kan draai na Melkbosstrand. Ek begin stadig beweeg om te draai na regs. Die motorfiets jaag met ‘n spoed verby my motor. Die motor regs beweeg skielik – en sien nie dat ek gaan draai – die motorfiets het hom ok verras. Ons motors mis mekaar – ek wonder steeds of dit ‘n paar sentimeters was – ons het albei geskrik.

Die supertmarkte by Tablebay Mall en Bayside moet asseblief hul bestuurders padreëls leer. Moontlik sal dit help.

Blossom van Eeden-Spence, E-pos

You need to be Logged In to leave a comment.