Laerskool Mikro vereer twee oudskoolhoofde

Die Laerskool Mikro se bestuurspan het onlangs besluit om twee mense se name aan die skool se twee rugbyvelde te koppel.


Die Laerskool Mikro se bestuurspan het onlangs besluit om twee mense se name aan die skool se twee rugbyvelde te koppel.

Die personeel het voorstelle gemaak en daar is besluit om die rugbyvelde na die skool se eerste twee skoolhoofde te vernoem – Ronnie de Bruyn, wat van 1972 tot 1990 hoof was, en sy opvolger, Nico Walters, wat van 1991 tot 2016 hoof was.

Flip de Bruyn (Ronnie se seun) en Walters het verlede week die inwyding van die velde se nuwe name bygewoon.

Volgens die skool is dit baie gepas om die twee vorige hoofde so te vereer.

Toewyding

Dit is ’n bewys en bevestiging van hul toewyding aan die skool, asook hul harde werk in die tyd toe hulle skoolhoof was.

Walters het by die geleentheid verwys na bekendes wat sport daar beoefen het.

De Bruyn het gesê hy het as klein seuntjie saam met sy pa, Ronnie, op die velde gespeel. Sy pa sou baie trots wees dat die veld nou sy naam dra, het De Bruyn gesê.

Die skool het Kuilsrivier Superspar bedank, wat die telborde geborg het.

Agter (van links) staan Annarie Spreeth (adjunkhoof), Louis Mouton (skoolhoof), Flip de Bruyn (Ronnie se seun), Thea Jordaan (interne adjunkhoof) en Armandt Nortjé (sportbestuurder). Voor is Ethan White (hoofseun), Arno du Plessis (onderhoofseun), Mignon Kotzenberg (hoofmeisie) en Xia du Toit (onderhoofmeisie).

You need to be Logged In to leave a comment.