Met ’n visie om die Laerskool Vredekloof ’n skool van voorkeur te maak, neem Phillip Wessels in Januarie sy pos as nuwe skoolhoof by die skool op.
Sy liefde vir wiskunde, STEAMAC-onderrig en sport inspireer die entoesiastiese opvoeder om die relatief jong skool na nuwe hoogtes te stuur.
Gebore en getoë in Bellville, het Wessels sy skoolloopbaan aan die Laerskool Bellpark begin en later aan die Hoërskool Bellville gematrikuleer.
In 2009 verwerf hy sy B Ed-graad by CPUT in Wellington en in 2016 sy honneursgraad in onderwys met wiskunde as vakrigting.
’n Jaar later begin hy sy onderwysloopbaan as gr. 5-onderwyser by die Laerskool Welgemoed in Bellville, waar hy ook later die gr. 7’s onderrig het.
In 2016 aanvaar hy ’n bevorderingspos as departementshoof by die Laerskool Eversdal, waar hy ’n gr. 6-onderwyser is, en in 2020 sluit hy by die Laerskool Vredekloof aan as adjunkhoof.
“Ek het ‘n groot liefde vir wiskunde, en was bevoorreg om by die Laerskool Eversdal aan STEM-onderrig blootgestel te word. Ek kon by die Laerskool Vredekloof my liefde daarvoor uitbrei na STEAMAC-onderrig,” het hy verlede week aan TygerBurger vertel.
“Ek is baie lief vir sport en het hoofsaaklik aan rugby en atletiek op skool deelgeneem. Ek het heel toevallig by hokkie-afrigting betrokke geraak gedurende een van my proeftydperke en ’n groot passie vir daarvoor ontwikkel.
“Van my eerste jaar as onderwyser het ek die eerste hokkiespan afgerig en ook atletiek as ’n somersport afgerig.”
Oor sy aanstelling as die Laerskool Vredekloof se nuwe hoof, heers groot opgewondenheid.
“Ek is bevoorreg om deel van ’n baie spesiale en ondersteunende personeelspan en beheerliggaam te wees. Ek is optimisties oor die toekoms van die skool en om uit te brei op die fondament wat reeds deur die vorige skoolhoof gelê is.”
Kapitale projekte
Wessels sê daar is verskeie kapitale projekte wat voorlê, asook die uitbreiding van die geleenthede wat die skool aan sy leerders kan bied.
“Die Laerskool Vredekloof is nog ’n jong skool en daarmee saam word ons vergelyk met ons gevestigde buurskole. Ons onmiddellike en langtermyn uitdaging is om die leidende skool van voorkeur te wees en om sinoniem te wees met gehalte-onderrig en afrigting. By die Laerskool Vredekloof moet ons kinders nog kind kan wees, maar terselfdertyd vir die toekoms voorberei word.”
As ’n voormalige inwoner van Vredekloof het hy ’n liefde vir die omgewing en die gemeenskap ontwikkel.
“Ek was bevoorreg om in Vredekloof te kon woon toe ek as onderwyser hier begin skoolhou het. Die ondersteuning wat ek sedert my eerste dag by die skool en die gemeenskap gekry het, is ’n groot voorreg en ek sien uit om die pad vorentoe saam met almal te stap.”
Wessels sê dit was vir hom opvallend om te sien wat die skool sedert sy ontstaan in 2019 bereik het.
“Dit is ongelooflik om te sien hoe ons kinders, ouers en opvoeders almal inkoop in die skool se visie en saamwerk om aan die toekoms te bou.
“Die uitdaging waardeur die onderwys in die Wes-Kaap egter in die gesig gestaar word, is die groot tekort aan laerskole, en hoërskole wat die las op leerdertalle in bestaande skole verhoog.
“Kleiner klasgetalle sal die gehalte van onderrig en die holistiese ontwikkeling van elke kind in alle skole verbeter, wat ’n positiewe impak op die jeug van ons provinsie en land sal hê,” sê Wessels.
Nietemin is sy visie vir die skool om die skool van voorkeur te wees waar die kinders in ‘n veilige omgewing hul drome kan uitleef.
“Dit sluit aan by ons leuse, Vivite vestra somnia – leef jou drome. Ek sal ook wil hê elke kind in die skool moet voel dis ’n geliefde omgewing waar almal voel dat hulle inpas en dat hulle deel van ’n groter groep is waar almal vir mekaar omgee en ons waardes kan uitleef.”
Buite die mure van die skool is dié hoof baie lief vir die buitelug en om tyd saam met sy familie te spandeer.
Hy woon tans in Bellville, is getroud en het een “pragtige dogtertjie”.
“Ek hou van die see en ’n aktiewe leefstyl – hetsy dit fietsry, draf of swem is. Vakansies verloor ek myself graag in ‘n boek of twee.”

“Ek hou van die see en ’n aktiewe leefstyl – hetsy dit fietsry, draf of swem is. Vakansies verloor ek myself graag in ’n boek of twee.”